Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
verbloeming s.nw. (taalkunde) op een of ander manier nie direk of openlik sê of skryf wat werklik bedoel word nie: › Verbloeming is gewoon die proses waarmee ons dit wat ons eintlik wil sê op die een of ander manier wegsteek. Soos Nijhoff in Nederlands sou sê: “Er staat niet wat er staat.” Dink byvoorbeeld aan sarkasme.
Jy sien hoe iemand teen jou geparkeerde kar bots, maar in plaas daarvan om te gil en te skreeu, sê
jy doodkalmpies: “Dis nou mooi, dis nou fff ... vreeslik mooi!” (Gerhard van Huyssteen, Taalgenoot, Lente 2023).
KYK OOK: vermomming, versagting
vark
varkoor
vas
vasmang
vatbom
vatvyf
veelal
veeltaakverrigting
vegan
veganis
veganiskaas
veganisme
veganisties
veiligheid
veksilologie
veld-a-a
velhonger
velkrapper
velpiksteuring
velpikversteuring
vensterperiode
verbarbie
verbeel
verbloeming
verbruikerisme
verby
verdedigend
verdom
verdomming
verfoksel
vergeet
vergelykend
vergroente
verkak
verkaklik
verkeersligkind
verkinderlik
-verkleurmannetjie
vermomming
versagting
verskilkontrak
versnitleer
verspreiding
versuimspesialis
vertel
vertrouenspersoon
vertrouensplig