Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
verby bw., voorsetsel
› hou verby
1 gaan/loop/ry verby ...: › Hier’s verskeie afdraaipaadjies na nog rivierpoele toe, maar ons hou verby (Weg, Maart 2017). › Ry af in die hoofstraat, draai links in Parkstraat, hou verby die skouterrein (Weg, Julie 2016). ◌ ENGELS: go past
2 ◌ Ook (skertsend) hou verby, José, hou wyd (en kyk noord) ◌ bly (liewer) (daar/daarvan) weg; moenie betrokke raak nie: › Die kampplek lyk soos ’n vergete grenspos: vaal en sonder skaduwee. As jy ooit ’n vakansie hier beplan, hou verby (Weg, 16 Julie 2020). › Hou verby! Moenie swem op plekke waar jy trekstrome raaksien nie – en swem daar waar daar menseredders is (Weg, Januarie 2017). › As iets nie pluis voel nie, hou verby (Kuier, 30 November 2016). › Die toilet (het) twee mure, ’n kralegordyntjie en ’n mooi uitsig oor die Knysnabos. Hou verby as jou fiemiesfaktor groter is as jou liefde vir die natuur (Weg, Maart 2015). ◌ ENGELS: stay away
vas
vasmang
vatbom
vatvyf
veelal
veeltaakverrigting
vegan
veganis
veganiskaas
veganisme
veganisties
veiligheid
veksilologie
veld-a-a
velhonger
velkrapper
velpiksteuring
velpikversteuring
vensterperiode
verbarbie
verbeel
verbloeming
verbruikerisme
verby
verdedigend
verdom
verdomming
verfoksel
vergeet
vergelykend
vergroente
verkak
verkaklik
verkeersligkind
verkinderlik
-verkleurmannetjie
vermomming
versagting
verskilkontrak
versnitleer
verspreiding
versuimspesialis
vertel
vertrouenspersoon
vertrouensplig
vervalsing
vervleg