Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
kragbank s.nw. | kragbanke | draagbare toestel wat via ’n USB-poort, vanaf ’n ingeboude battery aan USB-toestelle krag kan voorsien: › As jy wil aanhou werk nadat jou skootrekenaar se battery reeds afgeloop het, sal jy moet kyk na iets soos hierdie kragbank, wat nog ’n uur of wat se gebruik sal bylas (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 31 Januarie 2020). › Kragbanke – Dié kragtige toestelle moet natuurlik by die kragprop gelaai wees voordat beurtkrag toeslaan, anders is dit nutteloos om jou selfoon of tabletrekenaar tydens beurtkrag te dra. Nog beter is as jy een kry wat met sonkrag gelaai kan word. (Francois Williams, Netwerk24, 24 Oktober 2019).
◌ ENGELS: power bank
koronaslagoffer
koronastres
koronatoets
koronavirus
koronavrees
koroneus
Korporania
korpuslinguistiek
koskoma
kosmeseuties
kosmeseutika
kosmeseutikum
kosopfokker
kostuinbou
kota
kotsnaar
kougom
kougomvraag
KPA
K-pop
kraai
kraal
kraan
kragbank
kragskip
kragstuwing
kragstuwingtoestel
krakergroep
kriekmeel
kriekspring
kriewelgatsaak
kriewelkousie
krimi
kringsit
kripto
kriptobeurs
kriptogeld
kriptogeldeenheid
kriptohandelsbeurs
kriptomyner
kriptoniet
Krishna
Krisp
kroonpes
kruiskultureel
krummelnavigasie
krummelpad