Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
K-pop s.nw. [verkorting van (Suid-)Koreaanse popmusiek]
1 musiekgenre uit Suid-Korea wat uit ’n mengsel van verskillende musiekstyle, soos hip-hop en popmusiek, bestaan: › Ek wil tjil en visvang en whatever sê vir strooi [...] Maar die jimmele hoor my, ek luister nie K-pop nie en eet nie noedels nie (Charles Smith, Netwerk24, 8 April 2021).
2 subkultuur wat met die musiekgenre K-pop gepaardgaan.
samestelling(s):
K-popgroep
K-popsanger: › Die solo-liedjie van dié lid van die wêreld se grootste K-popgroep, BTS, is ’n internasionale treffer (Netwerk24, 18 Maart 2022).
koronamaatreël
koronapaniek
koronaparanoia
koronaresessie
koronaslagoffer
koronastres
koronatoets
koronavirus
koronavrees
koroneus
Korporania
korpuslinguistiek
koskoma
kosmeseuties
kosmeseutika
kosmeseutikum
kosopfokker
kostuinbou
kota
kotsnaar
kougom
kougomvraag
KPA
K-pop
kraai
kraal
kraan
kragbank
kragskip
kragstuwing
kragstuwingtoestel
krakergroep
kriekmeel
kriekspring
kriewelgatsaak
kriewelkousie
krimi
kringsit
kripto
kriptobeurs
kriptogeld
kriptogeldeenheid
kriptohandelsbeurs
kriptomyner
kriptoniet
Krishna
Krisp