Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
Antifa s.nw. [verkorting van antifascisties] [ook met kleinletter(s)]
1 [enkelvoud en meervoud] beweging van outonome groepe wat saamspan om op militante wyse teen fascisme en ander vorme van verregse ideologie te betoog: › Veral die beweging Antifa is geneig om enigiemand wat nie ver links is nie, as ’n Nazi uit te kryt en dit dan as regverdiging vir sy eie geweld te gebruik (Hanno den Boer, Beeld, 15 Augustus 2019). ◌ Engels: Antifa
2 | Antifas | antifascis: › Die bakleiery het plaasgevind in die konteks van groot verdeeldheid in Frankryk oor die onlangse wettiging van gay-huwelike. Duisende konserwatiewe Franse het oor die hele land vreedsaam daarteen betoog, maar die regses het tot geweld oorgegaan. Die groep teen wie hulle baklei het, staan bekend as die “Antifas” (Antifasciste) (Leopold Scholtz, Netwerk24, 11 Junie 2013). ◌ ENGELS: antifascist
samestelling(s):
Antifa-ondersteuner
Aloe vera
aloe=
amadoda
amagwinya
amant
amashoba
amber
amie
Amie
amigurumi
amperie
Amptenaraans
AMT
anderding
anderjanstorie
Anglikaans
Anglokaans
Angst
ankole
ant
antie
Antie Rona
antieksjiek
Antifa
antihistamien
antiinflammatories
antilokusie
antinatalis
antinatalisme
antivakser
anti-vaxxer
Antjie Somers
antologiereeks
antroponose
Antroposeen
Apgartelling
Apgartoets
Apiesdorp
apiterapie
apokalipswaan
a-pokke
a-pokkevirus
apparatsjik
AR
Arabies
Arabiese Lente
ARB