Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
Antjie Somers woordgroep
1 (figuurlik) afskrikmiddel; bangmaakding: › Ek gaan eis dat AfriForum my kommissie betaal. Hulle gebruik my as 'n Antjie Somers om lede te werf (Max du Preez, Vrye Weekblad, 2 Augustus 2019). › Maar in stede van ’n kommunis agter elke bos het ons nou witmonopoliekapitaal wat die groot Antjie Somers moet wees (Die Burger, 20 April 2017).
2 (folklore, histories) geheimsinnige man vermom as ’n vrou, ’n karakter in Afrikaanse volksoorlewerings, soms gebruik om stout kinders bang te maak: › Die Hertzogprys-bekroonde dramaturg Tertius Kapp het as draaiboekskrywer inspirasie geput uit karakters soos Antjie Somers, die tokkelossie en die spook van Uniondale (Die Burger, 25 Maart 2019). › Antjie Somers kom jou haal.
Amie
amigurumi
amperie
Amptenaraans
AMT
anderding
anderjanstorie
Anglikaans
Anglokaans
Angst
ankole
ant
antie
Antie Rona
antieksjiek
Antifa
antihistamien
antiinflammatories
antilokusie
antinatalis
antinatalisme
antivakser
anti-vaxxer
Antjie Somers
antologiereeks
antroponose
Antroposeen
Apgartelling
Apgartoets
Apiesdorp
apiterapie
apokalipswaan
a-pokke
a-pokkevirus
apparatsjik
AR
Arabies
Arabiese Lente
ARB
Archaea
archaeon
ARDS
arganboom
arganolie
argileh
argitektuur
arkaan