Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
ankole s.nw. [ook met ’n hoofletter]
1 Ook ankolebeesras
[geen meervoud] sangabeesras met indrukwekkende lang horings, op sommige plekke in Afrika as ’n statussimbool en heilige gelukbringer beskou: › Die Ankole is 'n gewilde bees in Suid-Afrika, onder meer danksy sy majestueuse horings (Charl van Rooyen, Landbouweekblad, 1 April 2019). › Die Ankole in Uganda is ’n groot statussimbool en ek kon eerstehands ervaar hoe lief die mense vir dié beesras is. (Daniel Naudé, Landbouweekblad, 19 Januarie 2018).
2 | ankoles | Ook ankolebees | ankolebeeste |
enige bees wat tot die ankoleras behoort: › Vleis van Ankoles het lae cholesterolvlakke, ’n fyn grein en is smaaklik – ideaal vir gesondheidbewuste verbruikers (Heléne Booyens, Landbouweekblad, 22 Januarie 2018).
◌ ENGELS: Ankole
samestelling(s):
ankolekudde: › In een van Daniel Naudé se foto’s in Cyril Ramaphosa se boek, Cattle of the Ages, staan Ramaphosa tussen sy Ankole-kudde op sy plaas Ntaba Nyoni buite Badplaas (Jo-Ansie van Wyk, Vrye Weekblad, 14 Februarie 2020).
alfavariant
alhamdulillah
alie
alles
almal
Aloe vera
aloe=
amadoda
amagwinya
amant
amashoba
amber
amie
Amie
amigurumi
amperie
Amptenaraans
AMT
anderding
anderjanstorie
Anglikaans
Anglokaans
Angst
ankole
ant
antie
Antie Rona
antieksjiek
Antifa
antihistamien
antiinflammatories
antilokusie
antinatalis
antinatalisme
antivakser
anti-vaxxer
Antjie Somers
antologiereeks
antroponose
Antroposeen
Apgartelling
Apgartoets
Apiesdorp
apiterapie
apokalipswaan
a-pokke
a-pokkevirus