Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
Aloe vera woordgroep [in samestellings soms verkort tot aloe=] [ook met kleinletter(s), ongekursiveer]
Ook Aloë vera
immergroen meerjarige vetplant (Aloe vera), een van sowat 500 spesies van die genus Aloe (aalwyne), wat inheems in die Arabiese Skiereiland groei, maar ook oral in die wêreld, wild in tropiese, semi-tropiese en droë klimaatstreke, en wat aangeplant word vir gebruik in kommersiële produkte, soos skoonheidsmiddels, rome en salwe: › Gebruik handwasprodukte wat voedende en strelende bestanddele soos aloe vera of vitamien E bevat (Suanné Mulder, Sarie, 27 Desember 2021). › As jy dalk verkoue of griep kry, wees versigtig wanneer jy jou neus afvee. Gebruik baie sagte snesies wat Aloe vera, gousblomekstrak of vitamien E bevat, en nie kombuispapier of servette nie (Gazette, 29 Junie 2021). › Sit verlore vog terug in jou hare en herstel dit tot hul volle glorie met die gebruik van ’n voedsame conditioner wat bestanddele soos jojoba, aloe vera en shea bevat (Kuier, 3 Junie 2015).
samestelling(s):
Aloe vera-konsentraat
Aloe vera-salf
KYK OOK: aloe=
aire
aireste
akademie
akhni
akkel 1
akkel 2
akkeltjie
aksentdiskriminasie
aksentisme
akwafaba
akwamasie
akwaponies
akwaponika
akwaties
akwifer
alfabetisme
Alfa-generasie
alfalfa
alfavariant
alhamdulillah
alie
alles
almal
Aloe vera
aloe=
amadoda
amagwinya
amant
amashoba
amber
amie
Amie
amigurumi
amperie
Amptenaraans
AMT
anderding
anderjanstorie
Anglikaans
Anglokaans
Angst
ankole
ant
antie
Antie Rona
antieksjiek
Antifa