Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
akwaponika s.nw. [sametrekking van akwakultuur + hidroponika] [geen meervoud] (daarstel van 'n) simbiotiese omgewing waarin plante wat in 'n varswaterstelsel geweek word, deur die uitskeidings van visse gevoed word, en die plante op hulle beurt die water suiwer sodat vis daarin kan aanteel: › Akwakultuur is as ’n lewensvatbare en volhoubare metode geïdentifiseer om Suid-Afrika se vermoë te verbeter om bekostigbare proteïen te produseer (Rapport, 18 April 2016). › Akwaponika integreer hidroponika (plante wat in water gekweek word) en akwakultuur. (Lucille Botha, Landbouweekblad, 19 Februarie 2018). › Met akwaponika word die minimum water gebruik om groente (en selfs vrugte) van uitstekende gehalte te produseer. Vis word ook in dieselfde boerdery geproduseer (Johan van der Merwe, Landbouweekblad, 25 Maart 2019).
◌ ENGELS: aquaponics
samestelling(s):
akwaponikastelsel
agluofobie
Agoa
agripark
agritegnologie
agritoeris
agritoerisme
agter-die-klip
agterjaart
agteros
ahimsa
Airbnb
aire
aireste
akademie
akhni
akkel 1
akkel 2
akkeltjie
aksentdiskriminasie
aksentisme
akwafaba
akwamasie
akwaponies
akwaponika
akwaties
akwifer
alfabetisme
Alfa-generasie
alfalfa
alfavariant
alhamdulillah
alie
alles
almal
Aloe vera
aloe=
amadoda
amagwinya
amant
amashoba
amber
amie
Amie
amigurumi
amperie
Amptenaraans
AMT