Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
agter-die-klip b.nw., bw. [attributief] Ook agter-die-klip- of agter die klip [predikatief]
1 (a) ouderwets: › Nie dat ek agter die klip is nie. Ek het lankal vrede gemaak dat my lewe onlosmaaklik en onherroeplik aan tegnologie verbonde is en dat dit vrugteloos is om teen die prikkels te skop (Johan van Wyk, Netwerk24, 26 September 2020).
◌ ENGELS: behind the times (b) onderontwikkel(d); agtergeblewe: › Ons infrastruktuur vir die herlaai van e-voertuie is nog ver agter die klip (Netwerk24, 17 Maart 2022).
◌ ENGELS: underdeveloped (c) eenvoudig; onverfyn(d): › Dis mos veral in Brakpan waar jy agter-die-klip-Afrikaners sal aantref, is geïmpliseer (Hennie van Coller, Netwerk24, 18 Augustus 2020).
◌ ENGELS: uncultured | unrefined | common
2 ver van alles; in die gram(m)adoelas: › Ek woon ook mos daar agter die klip, ver van die literêre toneel af, so ek is baie onkundig oor die literêre wêreld (Dalene Matthee, Die Burger, 12 April 2000).
◌ ENGELS: in the sticks | in the bundu
samestelling(s):
agter-die-klip tiener
agter-die-klip-tiener: › Sy is moeg vir wegkruip, moeg om die enigste agter-die-klip-tiener te wees (Netwerk24, 24 Januarie 2021).
Afrofobie
Afropop
afsikleer
afskaal
afskafkultuur
afskil
afsnol
afspraakseks
afspraaktoepassing
afstandsamelewing
afstandsgesprek
afstandskepping
afstandwerk
afval
Agda
agender
agitprop
agluofobie
Agoa
agripark
agritegnologie
agritoeris
agritoerisme
agter-die-klip
agterjaart
agteros
ahimsa
AI
Airbnb
aire
aireste
akademie
akhni
akkel 1
akkel 2
akkeltjie
aksentdiskriminasie
aksentisme
akwafaba
akwamasie
akwaponies
akwaponika
akwaties
akwifer
alfabetisme
Alfa-generasie
alfalfa