Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
afstandwerk s.nw. [geen meervoud] werkreëling wat werknemers toelaat om deur middel van tegnologie en elektroniese kommunikasie hulle take uit te voer en hulle pligte na te kom vanaf enige plek buite die tradisionele werkomgewing, soos van die huis af, of op enige ander plek, selfs vanaf enige plek in die wêreld: › Sedert die koms van Covid-19 het afstandwerk en buigsame kantoorure ’n aanvaarde norm geword en met WiFi-internettoegang wat feitlik oral beskikbaar is, kan baie mense nou woon waar hulle verkies, eerder as om beperk te word tot gebiede waaruit die pendel werk toe die maklikste is (Netwerk24, 3 September 2022). › Die dae van afstandwerk is dalk getel vir raadslede van die Tshwane-metroraad. Die ANC het die afgelope week stof opgeskop oor dié kwessie nadat dit geblyk het ’n raadslid wat kastig met verlof was, het van Nieu-Seeland ingeskakel vir ’n raadsvergadering (Netwerk24, 20 November 2022).
◌ ENGELS: remote working
AfCFTA
afdwing
affogato
afhaalkoop
afkorting
aflaaispoed
aflatoksien
afmerkkultuur
afprent
Afrikaaps
Afripop
Afrofobie
Afropop
afsikleer
afskaal
afskafkultuur
afskil
afsnol
afspraakseks
afspraaktoepassing
afstandsamelewing
afstandsgesprek
afstandskepping
afstandwerk
afval
Agda
agender
agitprop
agluofobie
Agoa
agripark
agritegnologie
agritoeris
agritoerisme
agter-die-klip
agterjaart
agteros
ahimsa
AI
Airbnb
aire
aireste
akademie
akhni
akkel 1
akkel 2
akkeltjie