Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
akkel2 s.nw. | akkels | akkeltjie | (Kaaps)
akkeltjies maak ◌ Ook akkels maak ◌ vrypostig of aanstellerig wees: › Horie, ek was lief vir akkeltjies maak. Ná die diens sou ek by die preekstoel gaan staan en dieselfde doen wat die pastoor vroeër gedoen het. Dan sou ek weer by die keyboard gaan sit en maak asof ek dit kan speel (Dean Smith, Kuier, 10 Oktober 2019). › Met net ’n klein bakkie wat met vier rekbande vasgemaak is om die skaamheid te verberg, let die leeu op dat hy nou ’n Chippendale geword het – een van daai gespierde ouens wat op die verhoog voor ’n klomp jillende Evas sy akkeltjies maak! (JulianJansen, Rapport, 17 Mei 2020). › Dis moeilik om te glo dié tiener wat effens skaam voorkom, is dieselfde atleet wat breëbors en vol selfvertroue akkeltjies uitvoer voor elke wedstryd (Chrislynn Sias, Kuier, 9 November 2018).
◌ SINONIEM(E): jou (lyf) grootmeneer hou
◌ ENGELS: be forward | be full of airs and graces
akkeltjies trap draaie gooi, die/’n riel dans: › Gerugte het die ronde begin doen dat plaasboere werkers met drank uitlok om akkeltjies te trap vir die vermaak van hulle families en hulle gaste (Marike Bekker, LitNet, 2 Desember 2014).
afstandsgesprek
afstandskepping
afstandwerk
afval
Agda
agender
agitprop
agluofobie
Agoa
agripark
agritegnologie
agritoeris
agritoerisme
agter-die-klip
agterjaart
agteros
ahimsa
Airbnb
aire
aireste
akademie
akhni
akkel 1
akkel 2
akkeltjie
aksentdiskriminasie
aksentisme
akwafaba
akwamasie
akwaponies
akwaponika
akwaties
akwifer
alfabetisme
Alfa-generasie
alfalfa
alfavariant
alhamdulillah
alie
alles
almal
Aloe vera
aloe=
amadoda
amagwinya
amant
amashoba