Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
afstandskepping s.nw. [geen meervoud]
Ook afstandhouding
fisieke afstandskepping
Ook fisieke afstandhouding
(tydelike) beperking van sosiale kontak en die behoud van ’n gesonde afstand (minstens twee meter tussen individue) in die fisieke wêreld om verspreiding van ’n infeksiesiekte te probeer voorkom: › Fisieke afstandskepping […], soos om van die huis af te werk, nie te vlieg nie, skole te sluit en groot byeenkomste uit of af te stel, kan die verspreiding van Sars-CoV-2 help vertraag (Vrye Weekblad, 20 Maart 2020). › Sowat 70 persent van alle huishoudings maak van Suid-Afrika se meer as 200 000 minibustaxi’s gebruik terwyl baie ander busse of treine gebruik. Al dié vorme van vervoer word deur oorlading gekenmerk – van fisieke afstandskepping kan daar dus nie veel sprake wees nie (Max du Preez, Vrye Weekblad, 20 Maart 2020). › Die regering se inisiatiewe tot fisieke afstandskepping deur grense en skole te sluit, groot byeenkomste te verbied en kroeg- en restauranture te beperk, is vroeër […] as in Amerika, Brittanje en die meeste Europese lande afgedwing (Max du Preez, Vrye Weekblad, 20 Maart 2020). › Hier, selfs in van die digsbevolkte gebiede ter wêreld, is fisieke afstandhouding van die begin af ingestel (Adri Kotzé, Vrye Weekblad, 20 Maart 2020).
◌ ENGELS: social distancing
KYK OOK: isolasiespasie
afantasie
AfCFTA
afdwing
affogato
afhaalkoop
afkorting
aflaaispoed
aflatoksien
afmerkkultuur
afprent
Afrikaaps
Afripop
Afrofobie
Afropop
afsikleer
afskaal
afskafkultuur
afskil
afsnol
afspraakseks
afspraaktoepassing
afstandsamelewing
afstandsgesprek
afstandskepping
afstandwerk
afval
Agda
agender
agitprop
agluofobie
Agoa
agripark
agritegnologie
agritoeris
agritoerisme
agter-die-klip
agterjaart
agteros
ahimsa
Airbnb
aire
aireste
akademie
akhni
akkel 1
akkel 2
akkeltjie