Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 22 Maart 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

afkorting s.nw. | afkortings |
ENGELS: abbreviation

Aspekte van afkortinggebruik

Sommige afkortings word slegs op skrif gebruik, maar word nie uitgespreek nie. As jy ’n sin soos “Sal jy asb. die boek vir mev. Crafford neem” hardop lees, spreek jy nie asb. en mev. as afkortings uit nie, maar wel as die volvorme asseblief en mevrou.

Daarteenoor word ander afkortings ook in die gesproke taal gebruik. Vergelyk voorbeelde soos BTW (belasting op toegevoegde waarde), LUK (Lid van die Uitvoerende Komitee), TV (televisie) en FM (frekwensiemodulasie). Hoewel sulke afkortings nog volgens hul alfabetnaamwaarde uitgespreek word (“LUK” = “el uu kaa” en nie “luk”, soos in “geluk” nie), word hulle in die spreektaal soos gewone woorde gebruik.

’n Ander groep afkortings tree nog meer soos gewone woorde op omdat hul uitspraak nie volgens alfabetnaamwaarde is nie, maar volgens die letters se normale klankwaarde. Vergelyk voorbeelde soos Navo (Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie) en Sasol (Suid-Afrikaanse Steenkool-, Olie- en Gaskorporasie).

Afkortings wat in die gesproke taal gebruik word, word as gewone woordeskatelemente beskou en dikwels nie meer met ’n volvorm verbind nie. Vergelyk ook afkortings soos Sanlam, Avbob en Unisa. Die gebruik van kleinletters ná die aanvangshoofletter verhoog ook die woordstatus van hierdie afkortings.

Dit gebeur soms dat afkortings heeltemal los staan van die oorspronklike volvorm. Baie mense weet vandag nie dat faks eintlik ’n afkorting van die woord faksimilee was nie. In Afrikaans word die woord radar nie meer as ’n afkorting gebruik nie. Hy het ook geen Afrikaanse volvorm nie, maar wel ’n Engelse volvorm: radio detection and ranging.

Dat die verhouding tussen afkorting en volvorm nie parallel loop nie, is nog een van die baie taalverskynsels wat oral voorkom en wat taalgebruik so ’n interessante studieveld maak.

Rufus H. Gouws
Taalgereedskap: Die Burger, 7 Februarie 1994 © Netwerk24
In die Woordeboek van Afrikaans Vandag opgeneem met toestemming.  



Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther