Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
Abdol s.nw. [geen meervoud] (kinderspel) ◌ Ook Abdol maak pootjie(s) skoon, Abdol maak potjie skoon ◌ soort speletjie: › Abdol speel mens met ’n klip of ander voorwerp soos ’n lekke ghoen as jy het, op ’n rympie met wysie, nogal: “Abdol maak pootjie/potjie skoon (x 2), tiengelieng, daa lui die klok (x 2).” En dan van vooraf. Spelers sit in kring met toe oge en op die maat van die rympie word die klip op die grond van die een na die ander aangeskuif. As die eerste ronde van die rympie stop, maak almal oge oop. As die klip voor of naby jou lê, is jy uit en die persoon langs die een wat uit is, begin die volgende ronde. Alles word herhaal tot almal uit is. Laaste een oor, is die wenner. Ons het dit veral op koue of reëndae binnenshuis gespeel (Anastasia de Vries, Facebook, 31 Maart 2020). Luister: › Tot nou was sy altyd te moeg geswoeg vir ’n ma se pangakyk om ’n kind op die regte spoor te hou. Vir die speletjies wat haar as kind speel-speel gesond gehou het terwyl sy só die reëls van die lewe kon leer: skaloeloe; drie blikkies; bok, bok, staan styf; kennetjie; Abdol maak pootjies skoon (Anastasia de Vries, Vrye Weekblad, 27 Maart 2020).
aaire
aanbouwoordeboek
aandagkrisis
aandagtigheid
aangesigtyd
aanjaagfooi
aanjaagtarief
aanjanter
aanpoer
aanrakingshonger
aanspreek
aanstuurkennisgewing
aantal x getal x hoeveelheid
aappokke
Aapstad
aaptwak
Aardedag
Aarto
aasvoëlbegrafnis
AAV
abba
abbagemeenskap
abdas
Abdol
AD
adenovirus
afantasie
AfCFTA
afdwing
affogato
afhaalkoop
afkorting
aflaaispoed
aflatoksien
afmerkkultuur
afprent
Afrikaaps
Afripop
Afrofobie
Afropop
afsikleer
afskaal
afskafkultuur
afskil
afsnol
afspraakseks
afspraaktoepassing