Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
aandagkrisis s.nw. | aandagskrisisse | [gewoonlik enkelvoud] Ook aandagskrisis
maatskaplike krisis wat gewyt word daaraan dat mense wat heeltyd met apps en slimtoestelle besig is, omdat hulle gedurig op allerlei prikkels reageer, asook te min slaap (dikwels weens te lang blootstelling aan kunsmatige lig, soos die blou lig op die skerms van elektroniese toestelle), nie meer lank kan konsentreer en gehalteaandag aan dinge bestee nie: › ’n Aandagkrisis, soortgelyk aan die vetsug- en omgewingskrisis. Ons sien die gevolge oral om ons. Studente fokus net 65 sekondes lank op enige taak, het ’n studie bevind. En kantoorwerkers gemiddeld drie minute, volgens nog ’n studie. Selfs die deursnee- uitvoerende hoof [...] kry net 28 minute van ononderbroke fokus per dag › Dink bietjie aan enigiets wat jy al ooit in jou lewe bereik het en waarop jy trots is [...] Daardie ding waarop jy trots is, het ’n groot klomp gefokusde en volgehoue aandag van jou geverg. En wanneer jou vermoë om te fokus en om aandag te gee verbrokkel, gebeur dit ook met jou vermoë om doelwitte te bereik of om probleme op te los [...] Dit is geen toeval dat demokrasieë wêreldwyd die grootste krisis beleef sedert die jare dertig op dieselfde tyd as wat ons hierdie reuse-aandagkrisis beleef nie (Johann Hari aan Murray La Vita, Netwerk 24, 12 Augustus 2022).
◌ SINONIEM(E): konsentrasiekrisis
◌ ENGELS: attention crisis
1-tot-1-gesprek
2019-nCoV
2FA
2G
3G
4G
4NO
4NR
501Y.V2
5G
-a
a luta continua
aaire
aanbouwoordeboek
aandagkrisis
aandagtigheid
aangesigtyd
aanjaagfooi
aanjaagtarief
aanjanter
aanpoer
aanrakingshonger
aanspreek
aanstuurkennisgewing
aantal x getal x hoeveelheid
aappokke
Aapstad
aaptwak
Aardedag
Aarto
aasvoëlbegrafnis
AAV
abba
abbagemeenskap
abdas
Abdol
AD
adenovirus