Bygewerk op 23 September 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

5G afk., s.nw. [gewoonlik enkelvoud] (internet) vyfde generasie: 5G is ’n groot sprong nader aan die soort toekoms wat die sogenaamde vierde nywerheidsrevolusie inhou (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 15 November 2019). | ENGELS: fifth generation | 5G
5G-dekking | Ook 5G-internetdekking internasionale standaard vir koordlose/mobiele toestelle en datanetwerke: Die datadiensverskaffer … het vandeesweek aangekondig dat die 5G-dekking wat hy sedert September op ’n proefgrondslag aan uitgesoekte kliënte gebied het, nou aan enigeen beskikbaar is (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 15 November 2019 ).


5G-tegnologie Ook vyfdegenerasietegnologie vyfde generasie van draadlose slimtoestelle wat data teen ’n spoed van tot 100 gigabisse per sekonde kan op- en aflaai – dit is tot honderd keer vinniger as toestelle van die vorige generasie.


samestellings:
5G-kol |
5G-netwerk
: Die vinniger spoed en verhoogde stabiliteit van die 5G-netwerk sal gevorderde tegnologie soos virtuelerealiteit (VR)-toepassings, masjienleer en kunsmatige intelligensie toeganklik maak (Huisgenoot, 19 Junie 2020 ). Die inligting is blitsvinnig oor ’n spesiale 5G-netwerk gestuur wat spesiaal vir die geleentheid opgestel is (Petrus Malherbe, Netwerk24, 8 Julie 2019).


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther