Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
aantal / talle x getal x hoeveelheid
Talle volwasse Afrikaanssprekendes gebruik aantal en getal taamlik om ’n ewe. Hieraan is geen salf te smeer nie. Wanneer jy nie as kind – as skoolkind – geleer het om hieroor fyner te onderskei nie, leer jy dit ook nie sommer as grootmens nie. Altans, dit is my ervaring as grootmens-opvoeder.
Dan is daar nog die geografiese verskeidenheid. Mense uit die omgewing van Montagu sê byvoorbeeld maklik: Ons kry nie ons getal water nie. Dit beteken hulle kry nie die gemete rantsoen of porsie wat hulle toekom nie. In dergelike omstandighede praat mense van Piketberg van jou getal wyn (op ’n dag) kry en jou getal suiker (in ’n week) kry.
Nogtans, desnieteenstaande, ongeag, veral dan vir grootmense wat kinders moet kan inlei in die fynhede van Afrikaans, hier is die fyner onderskeidings wat algemeen is, in die sin dat hulle dwarsoor die hele land voorkom. Buitendien is hulle nuttig.
Getal word vir mense, diere en dinge gebruik, as dié som bekend is, m.a.w. getal word gebruik vir ’n vasgestelde, ’n reeds bepaalde veelheid.
Om vasgestel of bepaal te kán word, moet so ’n veelheid uiteraard telbaar wees. Sekere woorde se betekenisse is nie telbaar nie selfs al is die dinge waarna hulle verwys telbaar. Neem byvoorbeeld die woord geld. Mens kan geld nie tel met een, twee, drie of een van die ander hooftelwoorde nie. Dit in teenstelling tot die díng “geld”, wat mens wel kan tel.
Omdat die wóórd geld nie telbaar is nie, is getal ook nie bruikbaar as bepaling by geld nie. Getal is ’n telwoord.
Om te vervat: (1) As mens ’n bepaalde saak-woord kan tel, (2) én jy het dit wel getel, kan mens getal gebruik: My getal kinders is ses. ’n Groot getal skape het gevrek (bv. veertig), ’n getal punte (bv. vier).
Ook as mens so ’n saak se naamwoord kan tel, maar jy hét die saak nie getel nie – jy weet dus nie presies hoeveel daar is nie – kan mens in Afrikaans getal gebruik. Kyk maar: Ons verwag maar ’n klein getal besoekers. Groot getalle wildsbokke het van die honger omgekom.
In hierdie laasgenoemde omstandighede kan mens ook aantal gebruik: Ons verwag maar ’n klein aantal besoekers. ’n Groot aantal wildsbokke het van die honger omgekom.
Aantal verwys naamlik na mense, diere of dinge wat wel getel kán word, maar in die bepaalde omstandighede juis nie getel is nie. Anders gestel: Aantal verwys net na ’n telbare maar ongetelde som – ’n som van mense, diere of dinge.
Ook talle verwys na wesens of dinge wat wel getel kán word, maar in die bepaalde omstandighede juis nie getel is nie. Maar – en dit is die verskil – talle verwys na báie, waar aantal na ’n betreklike klein hoeveelheid verwys. Vergelyk: ’n Aantal van my boeke is beskadig deur die reën. En: Talle van my boeke is beskadig deur die reën.
In fyn Afrikaans gebruik mens hoeveelheid nie vir lewende wesens of dinge wat jy (kan) tel nie, net vir sake wat jy (kan) méét. Dié meting geskied volgens maat, inhoud, lengte, tyd, krag, massa, arbeid, ensovoorts.
Dink maar oor ’n sin soos “My vrou het ’n groot hoeveelheid rooi koordferweel gekoop”. Sy kan nie ’n “aantal” of ’n “getal” of “talle koordferweel” koop nie.
Johan Combrink
Taalgereedskap: Die Burger, 16 September 1996 © Netwerk24
In die Woordeboek van Afrikaans Vandag opgeneem met toestemming.
1-tot-1-gesprek
2019-nCoV
2FA
2G
3G
4G
4NR
501Y.V2
5G
-a
a luta continua
aaire
aanbouwoordeboek
aandagkrisis
aandagtigheid
aangesigtyd
aanjaagfooi
aanjaagtarief
aanjanter
aanpoer
aanrakingshonger
aanspreek
aanstuurkennisgewing
aantal x getal x hoeveelheid
aappokke
Aapstad
aaptwak
Aardedag
Aarto
aasvoëlbegrafnis
AAV
abba
abbagemeenskap
abdas
Abdol
AD
adenovirus
afantasie
AfCFTA
afdwing
affogato
afhaalkoop
afkorting
aflaaispoed
aflatoksien
afmerkkultuur
afprent