Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
5G afk., s.nw. [gewoonlik enkelvoud] (internet) vyfde generasie: › 5G is ’n groot sprong nader aan die soort toekoms wat die sogenaamde vierde nywerheidsrevolusie inhou (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 15 November 2019).
◌ ENGELS: fifth generation | 5G
› 5G-dekking ◌ Ook 5G-internetdekking ◌ internasionale standaard vir koordlose/mobiele toestelle en datanetwerke: › Die datadiensverskaffer … het vandeesweek aangekondig dat die 5G-dekking wat hy sedert September op ’n proefgrondslag aan uitgesoekte kliënte gebied het, nou aan enigeen beskikbaar is (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 15 November 2019).
› 5G-tegnologie ◌ Ook vyfdegenerasietegnologie ◌ vyfde generasie van draadlose slimtoestelle wat data teen ’n spoed van tot 100 gigabisse per sekonde kan op- en aflaai – dit is tot honderd keer vinniger as toestelle van die vorige generasie.
samestelling(s):
5G-frekwensie
5G-kol
5G-lisensie
5G-netwerk: › Die vinniger spoed en verhoogde stabiliteit van die 5G-netwerk sal gevorderde tegnologie soos virtuelerealiteit (VR)-toepassings, masjienleer en kunsmatige intelligensie toeganklik maak (Huisgenoot, 19 Junie 2020). › Die inligting is blitsvinnig oor ’n spesiale 5G-netwerk gestuur wat spesiaal vir die geleentheid opgestel is (Petrus Malherbe, Netwerk 24, 8 Julie 2019).
5G-ontplooiing
5G-radiosein