Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
4G afk., s.nw. [gewoonlik enkelvoud] (internet) vierde generasie: › 4G is die vierdegeslagbreëband- sellulêre tegnologie wat op 3G en 2G gevolg het. Dis nou die algemeenste vorm van selfoondatakonnektiwiteit in Suid-Afrika (Huisgenoot, 19 Junie 2020).
◌ ENGELS: fourth generation | 4G
› 4G-dekking internasionale standaard vir koordlose/mobiele toestelle.
› 4G-tegnologie ◌ Ook vierdegenerasietegnologie ◌ vierde generasie van digitale toestelle waarmee oproepe gemaak, teksboodskappe gestuur en teen 20 tot 50 megabisse per sekonde (mbps) op die internet rondgeswerf kan word; vierdegenerasietegnologie.