Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
3G afk., s.nw. [gewoonlik enkelvoud] (internet) derde generasie
◌ ENGELS: third generation | 3G
› 3G-dekking internasionale standaard vir koordlose/mobiele toestelle.
› 3G-tegnologie ◌ Ook derdegenerasietegnologie ◌ eerste generasie van digitale toestelle waarmee, behalwe om oproepe te kon maak en teksboodskappe te kon stuur, teen ’n aflaaispoed van naastenby 200 kilobisse per sekonde (kbps) ook op die internet rondgeblaai kon word.