Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
-a woorddeel
Die -a word gebruik om van ’n gewone naam of aanspreekvorm ’n troetelnaam te maak: Tolla, Henta, kinta, boeta, selfs sussa, harta.
Die taalkundige Willem Kempen het raakgesien dat die -a voorkom op plekke waar die verkleinings -ie kan staan: Hennie – Henna, Kallie – Kalla, Gerrie – Gerra. Die gevoelswaarde van die -ie is kleiner, kinderliker, dié van die -a vertrouliker, volwassener.
Nou is dit duidelik waar pappa en mamma met hulle a’s vandaan kom. Maar dan val dit op dat daar nie a-vorme in die omgang ontstaan het vir troetelvorme soos omie (oompie), tannie (tantetjie), oumatjie en oupatjie nie. Tanta, oumamma en oupappa kom taamlik seldsaam voor.
Johan Spies
Taalgereedskap: Die Burger, 6 Julie 1992 © Netwerk 24
In die Woordeboek van Afrikaans Vandag opgeneem met toestemming.
1-tot-1-gesprek
2019-nCoV
2FA
2G
3G
4G
4NO
4NR
501Y.V2
5G
-a
a luta continua
aaire
aanbouwoordeboek
aandagkrisis
aandagtigheid
aangesigtyd
aanjaagfooi
aanjaagtarief
aanjanter
aanpoer
aanrakingshonger
aanspreek
aanstuurkennisgewing
aantal x getal x hoeveelheid
aappokke
Aapstad
aaptwak
Aardedag
Aarto
aasvoëlbegrafnis
AAV
abba
abbagemeenskap