Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
afantasie s.nw. [geen meervoud] onvermoë om aan beelde te dink en jou visueel dinge voor te stel en te verbeel: › Ek het twee jaar gelede toevallig uitgevind dat die meeste mense wél prentjies in hulle koppe kan sien – anders as ek ... [met afantasie]. Die hele gewaarwording was só vreemd nadat ek my lewe saam met my brein gelewe het en aangeneem het almal s’n werk soos myne (Facebook, 1 Februarie 2023). › Die skrywer [...] vertel die storie is geïnspireer deur ’n prentjie in sy kop van ’n slang wat ’n kind insluk. “Dit was ongewoon, want ek ly aan afantasie, ’n toestand waar ’n mens nie ’n funksionerende geestesoog het nie” (Huisgenoot, 8 Mei 2020).
◌ ENGELS: aphantasia
oorsprong:
Grieks a‑ sonder + phantasia verbeelding.
aandagtigheid
aangesigtyd
aanjaagfooi
aanjaagtarief
aanjanter
aanpoer
aanrakingshonger
aanspreek
aanstuurkennisgewing
aantal x getal x hoeveelheid
aappokke
Aapstad
aaptwak
Aardedag
Aarto
aasvoëlbegrafnis
AAV
abba
abbagemeenskap
abdas
Abdol
AD
adenovirus
afantasie
AfCFTA
afdwing
affogato
afhaalkoop
afkorting
aflaaispoed
aflatoksien
afmerkkultuur
afprent
Afrikaaps
Afripop
Afrofobie
Afropop
afsikleer
afskaal
afskafkultuur
afskil
afsnol
afspraakseks
afspraaktoepassing
afstandsamelewing
afstandsgesprek
afstandskepping