Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
afprent ww. prent af | afgeprent | (informeel, figuurlik) Ook afprint
1 afdruk: › Al wat ek van haar te sien gekry het, was ’n dowwe foto wat vir ewig in my geheue afgeprent sal wees (Netwerk24, 4 Augustus 2017). › twee rye spore afgeprent langs die see (Linda du Plessis, Ink, 25 Julie 2017). › Sy onthou hoe haar lyf in die gras afgeprent is en op dieselfde wyse is die gedig ’n afbeelding van al die herinneringe (Joan Hambidge, Versindaba, 26 Julie 2012). › Toe die eerste mensgemaakte satelliet op ons bewussyn ingedruis het, het ons feitlik oornag die Russiese woord spoetnik deel van die Afrikaanse ontleningskat gemaak [...] Feitlik uit die volk het die woord kunsmaan hom op ons bewussyn afgeprent as ’n uitdrukking van die betrokke betekenis in ’n Afrikaanse woord (L.C. Eksteen, SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 3:4, 1984).
2 duidelik vertoon: › Ek het jou gelê en bekyk: jou los T-hemp het sag om een van jou tieties gevou en dit mooi afgeprent (LitNet, 8 Augustus 2005).
◌ SINONIEM(E): afets
aantal x getal x hoeveelheid
aappokke
Aapstad
aaptwak
Aardedag
Aarto
aasvoëlbegrafnis
AAV
abba
abbagemeenskap
abdas
Abdol
AD
adenovirus
afantasie
AfCFTA
afdwing
affogato
afhaalkoop
afkorting
aflaaispoed
aflatoksien
afmerkkultuur
afprent
Afrikaaps
Afripop
Afrofobie
Afropop
afsikleer
afskaal
afskafkultuur
afskil
afsnol
afspraakseks
afspraaktoepassing
afstandsamelewing
afstandsgesprek
afstandskepping
afstandwerk
afval
Agda
agender
agitprop
agluofobie
Agoa
agripark
agritegnologie