Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
agitprop s.nw. [sametrekking van agitasie en propaganda] [versamelnaam] kuns, letterkunde, musiek, plakkate, en dergelike, wat geskep word om vir ’n bepaalde beskouing of optrede propaganda te maak: › Ekologie en letterkunde is ’n studieveld wat toenemend aandag kry. Kommer vind neerslag in die kunste. Hopelik geen agitprop of plakkaatkuns nie, maar komplekse dinge (Beeld, 2 Julie 2012). › [Die teaters] sukkel om hul sosiaal bewuste programmering aan te pas vir gehore wat moeg geword het van wat hulle as agitprop oftewel propagandadramas ervaar (Die Burger, 13 April 1993).
samestelling(s):
agitpropmusikant: › So word sanatoriums, soos Los Cocos in die buitewyke van Havana, die teelaarde vir ’n antikommunistiese teenrevolusie onder leiding van agitprop-musikante soos die sogenaamde grootmoeder van Kubaanse rock, María Gattorno (Rapport, 5 Desember 2016).
agitproppamflet: › Nietemin het Johan van Wyk en Elza Miles ’n aantal agitprop-pamflette met poësie en tekeninge die lig laat sien, waarvan die meeste terstond verbode verklaar is deur die destydse sensors (Die Burger, 17 Julie 2000).
agitpropteater: › Maar daar was ’n geweldige opbloei in agitpropteater, proteskuns en -musiek gedurende dié tyd, en baie Suid-Afrikaners het gevoel ’n algemene boikot op kultuuraktiwiteite sou teenproduktief vir die struggle wees (Chris du Plessis, Vrye Weekblad, 19 Julie 2019).
afkorting
aflaaispoed
aflatoksien
afmerkkultuur
afprent
Afrikaaps
Afripop
Afrofobie
Afropop
afsikleer
afskaal
afskafkultuur
afskil
afsnol
afspraakseks
afspraaktoepassing
afstandsamelewing
afstandsgesprek
afstandskepping
afstandwerk
afval
Agda
agender
agitprop
agluofobie
Agoa
agripark
agritegnologie
agritoeris
agritoerisme
agter-die-klip
agterjaart
agteros
ahimsa
AI
Airbnb
aire
aireste
akademie
akhni
akkel 1
akkel 2
akkeltjie
aksentdiskriminasie
aksentisme
akwafaba
akwamasie