Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
akwafaba s.nw. [geen meervoud] (kookkuns) water waarin kekerertjies of ander peulvrugte gekook of ingelê is, (veral in veganistiese kookkuns) in die plek van eierwit gebruik: › Ook word die vloeistof in geblikte kekerertjies, akwafaba, beskou as ’n wondermiddel in gebak. Dit is hoog in proteïen en reageer soos eierwit wanneer dit geklits word, wat lieflike meringues en makrolletjies maak (Mari-Louis Guy, Sarie, 17 November 2017). › Gemaalde kekerertjies gemeng met akwafaba maak ’n fantastiese romerige pastasous en kan selfs in gebak soos brownies gebruik word (Mari-Louis Guy, Sarie, 17 November 2017).
◌ ENGELS: aquafaba
Agda
agender
agitprop
agluofobie
Agoa
agripark
agritegnologie
agritoeris
agritoerisme
agter-die-klip
agterjaart
agteros
ahimsa
Airbnb
aire
aireste
akademie
akhni
akkel 1
akkel 2
akkeltjie
aksentdiskriminasie
aksentisme
akwafaba
akwamasie
akwaponies
akwaponika
akwaties
akwifer
alfabetisme
Alfa-generasie
alfalfa
alfavariant
alhamdulillah
alie
alles
almal
Aloe vera
aloe=
amadoda
amagwinya
amant
amashoba
amber
amie
Amie
amigurumi