Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
amigurumi s.nw. (Japannees)
1 [enkelvoud en meervoud] klein gebreide of gehekelde, opgestopte dier of pop, dikwels een wat soos ’n karakter in ’n mangastrokiesverhaal lyk: › ’n Mens sien amigurumi soms aan sleutelringe hang.
2 [geen meervoud] die Japannese kuns van amigurumi te maak.
oorsprong:
Japannees ami hekel, brei + kurumi toedraai, opstop
samestelling(s):
amigurumipop: › Vera het [...] op ’n deeltydse grondslag handgemaakte produkte begin verkoop. Elke produk is uniek, want sy maak nie twee goed wat presies dieselfde lyk nie. “My amigurumi-poppe (gehekelde speelgoed) kry elkeen ook ’n naam en ’n geboortesertifikaat” (Gazette, 14 Desember 2021).
akwafaba
akwamasie
akwaponies
akwaponika
akwaties
akwifer
alfabetisme
Alfa-generasie
alfalfa
alfavariant
alhamdulillah
alie
alles
almal
Aloe vera
aloe=
amadoda
amagwinya
amant
amashoba
amber
amie
Amie
amigurumi
amperie
Amptenaraans
AMT
anderding
anderjanstorie
Anglikaans
Anglokaans
Angst
ankole
ant
antie
Antie Rona
antieksjiek
Antifa
antihistamien
antiinflammatories
antilokusie
antinatalis
antinatalisme
antivakser
anti-vaxxer
Antjie Somers
antologiereeks