Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
ankole s.nw. [ook met ’n hoofletter]
1 ◌ Ook ankolebeesras ◌ [geen meervoud] sangabeesras met indrukwekkende lang horings, op sommige plekke in Afrika as ’n statussimbool en heilige gelukbringer beskou: › Die Ankole is 'n gewilde bees in Suid-Afrika, onder meer danksy sy majestueuse horings (Charl van Rooyen, Landbouweekblad, 1 April 2019). › Die Ankole in Uganda is ’n groot statussimbool en ek kon eerstehands ervaar hoe lief die mense vir dié beesras is. (Daniel Naudé, Landbouweekblad, 19 Januarie 2018).
2 | ankoles | ◌ Ook ankolebees | ankolebeeste | ◌ enige bees wat tot die ankoleras behoort: › Vleis van Ankoles het lae cholesterolvlakke, ’n fyn grein en is smaaklik – ideaal vir gesondheidbewuste verbruikers (Heléne Booyens, Landbouweekblad, 22 Januarie 2018). ◌ ENGELS: Ankole
samestelling(s):
ankolekudde: › In een van Daniel Naudé se foto’s in Cyril Ramaphosa se boek, Cattle of the Ages, staan Ramaphosa tussen sy Ankole-kudde op sy plaas Ntaba Nyoni buite Badplaas (Jo-Ansie van Wyk, Vrye Weekblad, 14 Februarie 2020).
alfavariant
alhamdulillah
alie
alles
almal
Aloe vera
aloe=
amadoda
amagwinya
amant
amashoba
amber
amie
Amie
amigurumi
amperie
Amptenaraans
AMT
anderding
anderjanstorie
Anglikaans
Anglokaans
Angst
ankole
ant
antie
Antie Rona
antieksjiek
Antifa
antihistamien
antiinflammatories
antilokusie
antinatalis
antinatalisme
antivakser
anti-vaxxer
Antjie Somers
antologiereeks
antroponose
Antroposeen
Apgartelling
Apgartoets
Apiesdorp
apiterapie
apokalipswaan
a-pokke
a-pokkevirus