Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
ant s.nw. [geen meervoud, ook aanspreekvorm]
Ook antie | anties | antietjie |
1 jou ma/pa se suster: › Van al my anties hou ek die meeste van ant Lily. › Môre, Antie.
2 (a) vrou wat heelwat ouer is as jy: › Die klein gemeenskap van Alicedale rou sedert Maandag toe Florence Fortuin, beter bekend as ant Porra, in die Grahamstad-hospitaal oorlede is (Enrico Claassen, Son, 19 Januarie 2018). › Hy’t daai antietjie lelik gestreep (George Weideman, Die donkermelk van daeraad, 1995). (b) beleefde vorm waarmee ’n ouerige vrou aangespreek word: › Antie Mona.
◌ SINONIEM(E): tante | tannie
◌ ENGELS: aunt | auntie | aunty
alhamdulillah
alie
alles
almal
Aloe vera
aloe=
amadoda
amagwinya
amant
amashoba
amber
amie
Amie
amigurumi
amperie
Amptenaraans
AMT
anderding
anderjanstorie
Anglikaans
Anglokaans
Angst
ankole
ant
antie
Antie Rona
antieksjiek
Antifa
antihistamien
antiinflammatories
antilokusie
antinatalis
antinatalisme
antivakser
anti-vaxxer
Antjie Somers
antologiereeks
antroponose
Antroposeen
Apgartelling
Apgartoets
Apiesdorp
apiterapie
apokalipswaan
a-pokke
a-pokkevirus
apparatsjik