Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
akademie s.nw. [geen meervoud]
donker akademie (geïdealiseerde weergawe van) ’n estetika en subkultuur wat spruit uit die literêre wêreld, (die idee van) ’n intellektuele atmosfeer, boeke, studie, ’n (dikwels melancholiese, donker) passie vir geleerdheid en kennis; dikwels teen die agtergrond van ou, klassieke argitektuur en kunsvorme, met modes van die verlede wat te sien is, ou rituele wat beoefen word, en dergelike: › Aanhangers van die donker akademie waardeer gewoonlik literatuur, klassieke musiek, kunsgeskiedenis, filosofie. Hulle hou van tradisie en formele klere, soos dasse, baadjies en rokke in gedempte kleure: swart, donkerblou, donkergroen, bruin.
◌ ENGELS: dark academia
afspraakseks
afspraaktoepassing
afstandsamelewing
afstandsgesprek
afstandskepping
afstandwerk
afval
Agda
agender
agitprop
agluofobie
Agoa
agripark
agritegnologie
agritoeris
agritoerisme
agter-die-klip
agterjaart
agteros
ahimsa
Airbnb
aire
aireste
akademie
akhni
akkel 1
akkel 2
akkeltjie
aksentdiskriminasie
aksentisme
akwafaba
akwamasie
akwaponies
akwaponika
akwaties
akwifer
alfabetisme
Alfa-generasie
alfalfa
alfavariant
alhamdulillah
alie
alles
almal
Aloe vera
aloe=
amadoda