Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
akkel1 s.nw. | akkels | akkeltjie | (Kaaps-Maleis) draai of stukkie wat in ’n lied, voordrag of vertelling bygelas word: › En toe kom hy ... Papier in die een hand, ’n arm uitgestrek oor die hordes leerlinge voor hom. Die presiese woorde van sy gedig is vergete, maar sy boodskap was helder: Ons is vir meer bestem as wat ons dink ... Kompleet met akkeltjies en bestakels by, ryg hy die stereotipes uit. Die gehoor rol van die lag (Anastasia de Vries, Vrye Weekblad, 18 Junie 2021). › Klopse vermaak met kleur en akkeltjies (Son, 18 Januarie 2015). › Afrikaans is ’n evolving ding veral op die Kaapse Vlaktes [...] Elke area het sy eie akkel wat hy opmaak dis amper soos ’n popsong, wie ever se een wat die coolste klink, daai’s die een wat opblaas. En ek dink daai’s so cool van die taal, daai’s wat [Suid-]Afrikaanse musiek rêrig cool kan maak as die mense net hulleself is (Ready D, Brasse Vannie Kaap, Die Burger, 28 Julie 2000). › Hy wys jou waarvandaan hy kom, gaan sit agter die klavier en sing “Lord Help Me Jesus” met die akkeltjies waarvoor [hulle] so lief is (Die Burger, 30 September 2000).
afstandsamelewing
afstandsgesprek
afstandskepping
afstandwerk
afval
Agda
agender
agitprop
agluofobie
Agoa
agripark
agritegnologie
agritoeris
agritoerisme
agter-die-klip
agterjaart
agteros
ahimsa
Airbnb
aire
aireste
akademie
akhni
akkel 1
akkel 2
akkeltjie
aksentdiskriminasie
aksentisme
akwafaba
akwamasie
akwaponies
akwaponika
akwaties
akwifer
alfabetisme
Alfa-generasie
alfalfa
alfavariant
alhamdulillah
alie
alles
almal
Aloe vera
aloe=
amadoda
amagwinya
amant