Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
akhni s.nw. [geen meervoud] (Kaaps-Maleis, Indies, kookkuns)
Ook akni
tradisionele (hoender)kerrie-en-rys-gereg, soortgelyk aan brijani: › Yasmin het haar getroue akhni (’n kerrie-en-hoender-gereg) voorgesit en Sharmilah het ’n bloedrooi kreefkerrie vir die jaarlikse familiemiddagete gemaak om die einde van die maand lange vas te vier (Netwerk24, 30 Julie 2016). › My erfenis lê nie, soos my vriendin s’n, in die uitsien na ’n bord akhni van een van haar Moesliem-vriende nie. (Sy meen dié gereg is glad nie geel nie – “baie mense oordoen dit met die borrie”.) En die lensies word minimaal gebruik. Akhni kry ook, anders as brijani, groot gesnyde aartappels én gekookte, gehalveerde eiers (Michelle Linnert, Netwerk24, 26 September 2014). › Die vroue [...] het aan die werk gespring en die pot hoender-akni aan die publiek voor die winkel en in die informele nedersetting uitgedeel (TygerBurger, 22 Julie 2020).
afspraaktoepassing
afstandsamelewing
afstandsgesprek
afstandskepping
afstandwerk
afval
Agda
agender
agitprop
agluofobie
Agoa
agripark
agritegnologie
agritoeris
agritoerisme
agter-die-klip
agterjaart
agteros
ahimsa
Airbnb
aire
aireste
akademie
akhni
akkel 1
akkel 2
akkeltjie
aksentdiskriminasie
aksentisme
akwafaba
akwamasie
akwaponies
akwaponika
akwaties
akwifer
alfabetisme
Alfa-generasie
alfalfa
alfavariant
alhamdulillah
alie
alles
almal
Aloe vera
aloe=
amadoda
amagwinya