Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
agritoerisme s.nw. [geen meervoud] vakansies op die platteland, waar besoekers op of naby plase tuisgaan: › Deur agritoerisme kan boere diversifiseer en so meer as een bron van inkomste verseker, nuwe markte vir plaasprodukte skep en die publiek se beskouing van boere en landbou se rol in die ekonomie verander (Netwerk24, 24 Junie 2022). › Agritoerisme omvat meer as net verblyf op ’n plaas. Dit kan kampeerdery, fietsry, hengel, die pluk van vrugte, perdry, wildbesigtiging en wynproe insluit (Netwerk24, 24 Junie 2022).
◌ SINONIEM(E): plaasvakansies
◌ ENGELS: agritourism
samestelling(s):
agritoerisme-aktiwiteit
agritoerismebestemming
agritoerismeroete
KYK OOK: agritoeris
Afripop
Afrofobie
Afropop
afsikleer
afskaal
afskafkultuur
afskil
afsnol
afspraakseks
afspraaktoepassing
afstandsamelewing
afstandsgesprek
afstandskepping
afstandwerk
afval
Agda
agender
agitprop
agluofobie
Agoa
agripark
agritegnologie
agritoeris
agritoerisme
agter-die-klip
agterjaart
agteros
ahimsa
AI
Airbnb
aire
aireste
akademie
akhni
akkel 1
akkel 2
akkeltjie
aksentdiskriminasie
aksentisme
akwafaba
akwamasie
akwaponies
akwaponika
akwaties
akwifer
alfabetisme
Alfa-generasie