Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
Afrofobie s.nw. [geen meervoud, ook met kleinletter(s)] sieklike haat/afkeer van mense/dinge uit Afrika: › Ek is woedend oor die Afrofobie wat versteek word agter xenofobie, ’n woord wat soos ’n grandiose Griekse tragedie klink (Anastasia de Vries, Vrye Weekblad, 13 September 2019). › Van die temas was slawerny, vergete tale en vergange gemeenskappe, Afrofobie, en die kompleksiteit van die moderne samelewing in Afrika (Die Burger, 12 Junie 2017). › “Afrofobie” is ’n opgewarmde woord. Toe dit in 1976 “gemunt” is, het H.B. Koplowitz, ’n Amerikaanse skrywer wat die krediet daarvoor opeis, dit omskryf as “ ’n irrasionele vrees van wit mense vir swart mense”. In 2012 en in die mond van mense soos […] ’n uitgeweke Zimbabwiese akademiese aktivis […] word Afrofobie die oortreffende trap van xenofobie en ’n veroordeling van Suid-Afrika se deportasiebeleid (André le Roux, Beeld, 15 Junie 2012).
aaptwak
Aardedag
Aarto
aasvoëlbegrafnis
AAV
abba
abbagemeenskap
abdas
Abdol
AD
adenovirus
afantasie
AfCFTA
afdwing
affogato
afhaalkoop
afkorting
aflaaispoed
aflatoksien
afmerkkultuur
afprent
Afrikaaps
Afripop
Afrofobie
Afropop
afsikleer
afskaal
afskafkultuur
afskil
afsnol
afspraakseks
afspraaktoepassing
afstandsamelewing
afstandsgesprek
afstandskepping
afstandwerk
afval
Agda
agender
agitprop
agluofobie
Agoa
agripark
agritegnologie
agritoeris
agritoerisme
agter-die-klip