Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 23 Januarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 312 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
Afropop s.nw. [geen meervoud, versamelnaam] populêre musiek uit Afrika: › Die ontslape Suid-Afrikaanse sangeres Miriam Makeba word geassosieer met musiekgenres soos Afropop en jazz (Netwerk24, 7 November 2017). › Dr Victor & The Rasta Rebels is reeds dekades lank ’n Afropop- en reggae-sensasie (Netwerk24, 6 April 2018). ◌ ENGELS: Afropop | Afro-pop | Afro pop
samestelling(s):
Afropop-groep
Afropop-sanger
Afropop-sangeres
KYK OOK: Afripop
Aardedag
Aarto
aasvoëlbegrafnis
AAV
abba
abbagemeenskap
abdas
Abdol
AD
adenovirus
afantasie
AfCFTA
afdwing
affogato
afhaalkoop
afkorting
aflaaispoed
aflatoksien
afmerkkultuur
afprent
Afrikaaps
Afripop
Afrofobie
Afropop
afsikleer
afskaal
afskafkultuur
afskil
afsnol
afspraakseks
afspraaktoepassing
afstandsamelewing
afstandsgesprek
afstandskepping
afstandwerk
afval
Agda
agender
agitprop
agluofobie
Agoa
agripark
agritegnologie
agritoeris
agritoerisme
agter-die-klip
agterjaart