Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 29 Maart 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

Arabies s.nw. [geen meervoud]
ENGELS: Arabic

Afrikaanse woorde uit Arabies

Arabies is ’n Semitiese taal, die belangrikste van verskeie tale van die Afro-Asiatiese taalfamilie wat in Noord-Afrika en Suidwes-Asië, hoofsaaklik in die Nabye Ooste, dus, gepraat word. Nog Semitiese tale is Hebreeus, Aramees, Ethiopies.

Die bepaalde lidwoord, die, is in Arabies al. In die verlede is dit nie altyd gesnap nie, want in baie gevalle is die lidwoord saam met die bepaalde selfstandige naamwoord as ’n enkele woord oorgeneem. Vir soek na Afrikaanse woorde met Arabiese wortels is al- dus ’n goeie begin: Albatros, alchemie, algebra, alkohol, alfalfa, alkali, alkalies ...

Albatros is ’n vermening van die Portugese woorde alcatraz en alcatruz. In die 16de eeu was alcatraz ’n pelikaan, en alcatruz die Portugese woord vir die emmer van ’n waterwiel – in Arabies al-qadus. Die emmerbetekenis is later toegepas op die krop van ’n pelikaan, wat lyk of die voël water daarin dra, soos in die bakkie van ’n bakkiespomp. Toe Engelse matrose in die 17de eeu, weg van die Noord-Atlantiese Oseaan, ’n voël gewaar wat hulle skepe dae lank volg, het hulle die pelikaan se naam na dié voël van die familie Diomedeidae oorgedra. Vandaar ons albatros vandag, met sy spelling wat deur die Latynse woord albus vir “wit” beïnvloed is.

Alchemie, “die chemie”, verwys na die primitiewe chemie van die Middeleeue, alchemiste wat onedel metale in goud probeer verander het en gesoek het na ’n lewensverlengende elikser. Minus die lidwoord kom die moderne chemie van dieselfde Arabiese woord, kimiya, waaraan op sy beurt ’n nog ouer, Egiptiese woord ten grondslag lê, naamlik chem, cham of gam, vir “swart grond”.

Die naam algebra vir ’n onderafdeling van wiskunde kom van die titel van ’n handleiding oor vergelykings deur ’n beroemde 9de eeuse Arabiese wiskundige, Bagdad Abu Ja'far Muhammad ibn Musa al-Khwarizmi. Dié boek – Al-jabr wa al-muqabala (“Berekening deur herstel en balansering”) – wat ook Arabiese syfers aan die Weste bekendgestel het, is in die 12de eeu in Latyn vertaal. In die 16de eeu is daarna as “algiébar” verwys, met die klem op die tweede sillabe, wat later na die eerste verskuif het: “algebra”.

Alkohol – Arabies al-kuhul of kohl – beteken etimologies “die poeier van antimoon”. Antimoon, of antimonium, is ’n silwerwit, gekristalliseerde metaal wat so bros is dat ’n mens dit in ’n vysel kan fynstamp, maar antimoonpoeier word ook deur sublimasie verkry, ’n proses waardeur ’n vaste stof, wanneer dit verhit, oorgaan tot ’n gas en by afkoeling weer tot ’n vaste stof kondenseer. Dié kohl het Arabiese vroue as oogskadu gebruik. Via Middeleeuse Latyn het alkohol as “poeier verkry deur sublimasie” “produk van distillasie” geword en mettertyd (teen 1850) één distillaat: sterk drank.

Jana Luther
Woordewisseling: Beeld, Die Burger, Netwerk24, 9 Oktober 2020 © Netwerk24
In die Woordeboek van Afrikaans Vandag opgeneem met toestemming.  



Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther