Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
battery s.nw. | batterye |
◌ ENGELS: battery
UITDRUKKING(S):
♦ op iemand se battery piepie of iemand se battery (pap)nat piepie (plat) iemand se geesdrif demp; iemand teleurstel: › Mens kon op sy gesig sien sy battery was papnat gepiepie (John Wassenaar, Facebook, 27 Maart 2020). › Nou wie het op jou battery gepiepie? (Dennis Karelse, Netwerk24, 15 Desember 2014). › Ek het verlede Vrydag in Klerksdorp iets gesien wat my so verbaas het, ek kon byna nie my oë glo nie. Twee persone in ’n motor het by ’n stopstraat gestaan. Dood gestop. Die stopteken was ook nog daar. […] So voel ek sommer trots op hierdie bedagsame en wetsgehoorsame bestuurder […] hulle soort is dun gesaai in ons land […] Die volgende oomblik trek hulle egter weg en toe hulle so by my verbyry word my battery papnat gepiepie, want op die kar se agterruit is ’n groot rooi “L” (Louw Smith, Klerksdorp Record).
◌ ENGELS: pee on someone’s battery | kill someone’s enthusiasm
aweh
babablog
badbom
bakkieprofeet
bakkiesrestourasie
balanseerbord
balanseerplank
balletjiespistool
ballonfinansiering
ballonpaaiement
bambi=
band
bang
bank
bankapp
bankie
banktoepassing
bant
banting
barakat
barnsteen
barometer
batja
battery
bavarois
BCG-entstof
BDSM
beandering
bederfbedryf
bedonderd
bedonnerd
bedoos
bedrieërverskynsel
bedryfie
beeldetuin
beeldgeletterdheid
beeldstemmer
beeldtemmer
beesblaas
begailik
begeleidingsnit
beginneronderneming
begrafnis
Beiers
beïnvloeder
bek
bekakie