Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
beesblaas
♦ s.nw. | beesblase | (anatomie) blaas van ’n bees: › Elke winter word bees geslag op Groothans se plaas. Dis dié groot feestyd vir almal, veral vir die ses seuns. Dis nie net die braai en die eet en die vooruitsig van biltong nie, dis die speletjies wat op die slagtery volg, wat hulle betower. Want beesslag beteken ’n beesblaas en ’n beesblaas styf opgepomp beteken ’n yslike bal. ’n Groot bal, wat onder die vat van die vingers soos kitaarsnare klink, is die louterste speelplesier wat daar op ’n plaaswerf is (Morkel van Tonder, Reis, 1995).
◌ ENGELS: cow bladder
♦ tussenwerpsel ou beesblaas spontane uitdrukking, aanspreekvorm of uitroep van byval, bewondering of spot, gesê teenoor ’n vriend of kameraad, of teenoor iemand wat ’n kordaatstuk of knap daad verrig het: › Ek het eens van die forum se gala-aande tussen patronate en kaders bygewoon en die bulderende vrolikheid aangevuur deur duur whisky en die gepaardgaande rugkloppery (ou beesblaas!) van die kamerade was ’n senuweetoets (Piet Croucamp, 18 Augustus 2023). › Dis of elke keer wanneer ek Hemingway se A Moveable Feast oopslaan of lees waar oom Schalk Lourens vir Bosman laat praat, deur die betrokke skrywer gegroet word, soos in: “Yes Beesblaas, waar was jy al die tyd?” (Emile Joubert, Netwerk24, 10 Augustus 2023). › “Wat maak oom nou?” “Ek laai my nartjies, ou beesblaas” (Dana Snyman, Weg, 5 Oktober 2022). › “Ja, ou beesblaas,” sê oom Swannie [...] “Dag, Swannie. Sit,” groet Pa (Beeld, 8 Oktober 1991).
bankie
banktoepassing
bant
banting
barakat
barnsteen
barometer
batja
battery
bavarois
BCG-entstof
BDSM
beandering
bederfbedryf
bedonderd
bedonnerd
bedoos
bedrieërverskynsel
bedryfie
beeldetuin
beeldgeletterdheid
beeldstemmer
beeldtemmer
beesblaas
begailik
begeleidingsnit
beginneronderneming
begrafnis
Beiers
beïnvloeder
bek
bekakie
bekendeling
bekfluitjie
bekslag
beleidsontleder
belewingstuin
bende
Benedicteiers
beperking
berekeningsdenke
berg
bersie
besmettingsangs
besmettingsbron
besmettingsgevaar
besmettingshaard