Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
=bedonnerd woorddeel
Ook (minder gebruiklik) =bedonderd
1 deurmekaar met betrekking tot of as gevolg van dit wat in die eerste deel genoem word: › Hulle stap in die rigting waar Rose meen die son gaan opkom. Robert was rigtingbedonnerd. Hy’t altyd gedink dis omdat hy in 'n stad grootgeword het (Eben Venter, My simpatie, Cerise).
2 behep met dit wat in die eerste deel genoem word: › Maar sê nou die nuwe leiers is net so magsbedonnerd soos die spul wat ons op die oomblik het? (Marita van der Vyver, Wegkomkans). › Almal het mos nou natuurbewaringbedonderd geraak.
balletjiespistool
ballonfinansiering
ballonpaaiement
bambi=
band
bang
bank
bankapp
bankie
banktoepassing
bant
banting
barakat
barnsteen
barometer
batja
battery
bavarois
BCG-entstof
BDSM
beandering
bederfbedryf
bedonderd
bedonnerd
bedoos
bedrieërverskynsel
bedryfie
beeldetuin
beeldgeletterdheid
beeldstemmer
beeldtemmer
beesblaas
begailik
begeleidingsnit
beginneronderneming
begrafnis
Beiers
beïnvloeder
bek
bekakie
bekendeling
bekfluitjie
bekslag
beleidsontleder
belewingstuin
bende
Benedicteiers