Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
bedrieërverskynsel s.nw. [gewoonlik enkelvoud] (psigiatrie en psigoanalise) psigologiese verskynsel waarin individue wat presteer en sukses behaal, aanhoudend oortuig is dat hulle nie werklik sukses verdien nie, dat hulle, inteendeel, eerder as bedrieërs beskou behoort te word, sodat hulle heeltyd onwaardig voel en bang is dat hulle enige oomblik ontmasker of uitgevang kan word: › Die kliniese sielkundiges Pauline Clance en Suzanne Imes [1978] [...] het dit nie as ’n sindroom getipeer nie, maar as ’n verskynsel, ’n sielkundige patroon. Hulle het geskryf: “Ondanks uitmuntende akademiese en professionele prestasies bly vroue wat die bedrieërverskynsel ervaar, glo dat hulle nie intelligent is nie en enigiemand geflous het wat wel so dink” (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 20 Oktober 2023).
◌ SINONIEM(E): bedrieërsindroom | bedrieërsfenomeen
◌ ENGELS: impostor phenomenon | impostor syndrome | impostorism
ballonpaaiement
bambi=
band
bang
bank
bankapp
bankie
banktoepassing
bant
banting
barakat
barnsteen
barometer
batja
battery
bavarois
BCG-entstof
BDSM
beandering
bederfbedryf
bedonderd
bedonnerd
bedoos
bedrieërverskynsel
bedryfie
beeldetuin
beeldgeletterdheid
beeldstemmer
beeldtemmer
beesblaas
begailik
begeleidingsnit
beginneronderneming
begrafnis
Beiers
beïnvloeder
bek
bekakie
bekendeling
bekfluitjie
bekslag
beleidsontleder
belewingstuin
bende
Benedicteiers
beperking
berekeningsdenke