Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
beeldetuin s.nw. | beeldetuine |
Ook (weinig gebruiklik) beeldtuin
tuin waar (stand)beelde bewaar en ten toon gestel word: › Die milieu [is] uniek; ’n groen beeldetuin waar kuns geplaas word tussen bome, damme of bietjie verder uit in ’n Hoëveldse grasland (Netwerk24, 28 Mei 2022). › Die Tshwane-metro, die Raad van Militêre Veterane-organisasies en die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbron-agentskap het saam besluit om die verskuiwing [van ’n beeld] na die monument se beeldetuin goed te keur (Rapport, 28 Februarie 2016). › Die reservaat word deur die departement van kuns en kultuur geoormerk vir ’n beeldetuin vir 500 struggle- en geskiedkundige mense se standbeelde (Netwerk24, 8 April 2015).
◌ ENGELS: sculpture garden
band
bang
bank
bankapp
bankie
banktoepassing
bant
banting
barakat
barnsteen
barometer
batja
battery
bavarois
BCG-entstof
BDSM
beandering
bederfbedryf
bedonderd
bedonnerd
bedoos
bedrieërverskynsel
bedryfie
beeldetuin
beeldgeletterdheid
beeldstemmer
beeldtemmer
beesblaas
begailik
begeleidingsnit
beginneronderneming
begrafnis
Beiers
beïnvloeder
bek
bekakie
bekendeling
bekfluitjie
bekslag
beleidsontleder
belewingstuin
bende
Benedicteiers
beperking
berekeningsdenke
berg
bersie