Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
barakat s.nw. | barakats | (Kaaps-Maleis, Moesliemafrikaans) geskenk van koekies of kos wat oorbly ná ’n maaltyd: › Barakat is ’n pragtige Kaaps-Maleise tradisie waar verrassingspakkies met allerhande lekkernye gevul word vir kuiergaste om huis toe te neem. Vinnige eetgoedjies soos hierdie word ook reg gehou vir gaste wat inval of vir die bure oorgestuur (Errieda du Toit, Netwerk24, 19 April 2023). › Die twee anties van Bonteheuwel […] het bekendheid verwerf met hul […] kookboek wat net so vinnig verkoop het as wat mense vir ’n barakat vra (Stephanie Pekeur, Son, 7 September 2016).
oorsprong:
Van Indonesies berkah, berkat en Arabies barakah seëning.
athaan
ATM
avatar
awê
aweh
babablog
badbom
bakkieprofeet
bakkiesrestourasie
balanseerbord
balanseerplank
balletjiespistool
ballonfinansiering
ballonpaaiement
bambi=
band
bang
bank
bankapp
bankie
banktoepassing
bant
banting
barakat
barnsteen
barometer
batja
battery
bavarois
BCG-entstof
BDSM
beandering
bederfbedryf
bedonderd
bedonnerd
bedoos
bedrieërverskynsel
bedryfie
beeldetuin
beeldgeletterdheid
beeldstemmer
beeldtemmer
beesblaas
begailik
begeleidingsnit
beginneronderneming
begrafnis