Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
bakkieprofeet s.nw. | bakkieprofete | (informeel) iemand wat, terwyl hy/sy in ’n voertuig sit of ry, op sy/haar selfoon ’n boodskap, praatjie, gebed of preek opneem en die video dan op sosiale media plaas: › Jy sê jy kry jou nuus op webwerwe en ander virtuele plekke. Ek doen dit ook, maar koop steeds die koerant. Daardie bakkieprofeet na wie se selfoonvideo’s jy graag kyk, sal nooit onthullings maak oor ANC-korrupsie en ander skandale nie, dinge wat joernaliste doen (Dana Snyman, Netwerk24, 23 Februarie 2021). › Vir die onder ons wat militias vorm en regse selkerke stig, julle is op ’n dodelike pad. Dink ’n slag vir jouself. Los die mini-Trumps en bakkieprofete se fopnuus en aanhitsing (Charles Smith, Netwerk24, 21 Januarie 2021).
artikel 21-maatskappy
asado
ASAT
aseksualiteit
aseksueel
asimptomaties
asimptomatikus
asknoper
ASMR
aspartaam
aspoester-
asr
Assalamoe aleikoem
asse en maars
asser
asteroseismologie
athaan
ATM
avatar
awê
aweh
babablog
badbom
bakkieprofeet
bakkiesrestourasie
balanseerbord
balanseerplank
balletjiespistool
ballonfinansiering
ballonpaaiement
bambi=
band
bang
bank
bankapp
bankie
banktoepassing
bant
banting
barakat
barnsteen
barometer
batja
battery
bavarois
BCG-entstof
BDSM