Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
asimptomaties b.nw. | asimptomatiese | wat nie ’n kenmerkende siektebeeld vertoon nie; sonder (sigbare) simptome: › Hy het gesê die passasiers is nou asimptomaties, maar hulle is as ’n voorsorgmaatreël van die skip verwyder en word getoets (Netwerk24, 16 Maart 2020). › Data dui daarop dat mense wat asimptomaties of matig simptomaties is, die siekte kan oordra (Werner Beukes, Netwerk24, 7 Februarie 2020). › In die asimptomatiese stadium is dit moeilik om te toets, want die viruslading is nog nie hoog genoeg in jou slymvliese nie (Willemien Brümmer, Netwerk24, 13 Maart 2020). › Baie diere, soos beeste, bokke, skape, wild, honde en voëls, is asimptomatiese draers en wys geen siektesimptome nie, maar is draers van soönotiese, siekteveroorsakende agente, soos bakterieë en virusse (Jan du Preez, Landbouweekblad, 23 Maart 2018). › asimptomatiese besmetting. ◌ ENGELS: asymptomatic
a-pokke
a-pokkevirus
apparatsjik
AR
Arabies
Arabiese Lente
ARB
Archaea
archaeon
ARDS
arganboom
arganolie
argileh
argitektuur
arkaan
arm
ARNS
artikel 21
artikel 21-maatskappy
asado
ASAT
aseksualiteit
aseksueel
asimptomaties
asimptomatikus
asknoper
ASMR
aspartaam
aspoester-
asr
Assalamoe aleikoem
asse en maars
asser
asteroseismologie
athaan
ATM
avatar
awê
aweh
babablog
badbom
bakkieprofeet
bakkiesrestourasie
balanseerbord
balanseerplank
balletjiespistool
ballonfinansiering