Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
athaan s.nw. [enkelvoud] (Islam) › die athaan die oproep tot gebed: › “My oorlede oupa, ’n pastoor, het altyd die athaan as ’n alarmklok gebruik en dan sou hy sy stiltetyd en Bybelstudie hou voordat hy sy dag begin. Rofweg vertaal is die athaan ’n uitnodiging tot gebed, ‘want gebed is beter as slaap’ in enige geloof” (inwoner van die Paarl, Netwerk24, 11 Desember 2018). › Die moskee het dus tot die slotsom gekom dat die athaan, die gelui van kerkklokke of enige ander oproep tot aanbidding nooit as ’n geraas gesien kan word nie (Zeenatul-moskee, Bo-Kaap / Roshé Taka, Netwerk24, 13 Mei 2019).
◌ ENGELS: athaan
KYK OOK: bang
arganolie
argileh
argitektuur
arkaan
arm
ARNS
artikel 21
artikel 21-maatskappy
asado
ASAT
aseksualiteit
aseksueel
asimptomaties
asimptomatikus
asknoper
ASMR
aspartaam
aspoester-
asr
Assalamoe aleikoem
asse en maars
asser
asteroseismologie
athaan
ATM
avatar
awê
aweh
babablog
badbom
bakkieprofeet
bakkiesrestourasie
balanseerbord
balanseerplank
balletjiespistool
ballonfinansiering
ballonpaaiement
bambi=
band
bang
bank
bankapp
bankie
banktoepassing
bant
banting
barakat