Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
bankapp s.nw. | bankapps | ◌ Ook bank-app ◌ app wat ’n finansiële instelling, soos ’n bank, beskikbaar stel aan sy kliënte, wat via die app, wat op selfone en tabletrekenaars aan die internet gekoppel is, 24 uur per dag direkte toegang tot bankdienste het, soos om rekeningsaldo’s en die jongste transaksies te kan sien, elektroniese deposito’s en betalings te kan doen, geld tussen rekenings te kan oorplaas, en state te kan trek en aflaai: › Bank Zero moet nog ’n paar aspekte reg kry, soos die finale afronding aan sy bankapp, die toets van sy bankkaarte en om seker te maak hy voldoen aan alle regulatoriese vereistes (Petrus Malherbe, Netwerk24, 13 November 2019). › A. dui aan dat daar in die betrokke tydperk ’n 100%-toename in kubermisdaad was wat mobiele bankapps betref (Basie van Solms, Netwerk24, 20 Junie 2020). ◌ SINONIEM(E): banktoepassing | banktoep ◌ ENGELS: banking app | mobile banking app
asr
Assalamoe aleikoem
asse en maars
asser
asteroseismologie
athaan
ATM
avatar
awê
aweh
babablog
badbom
bakkieprofeet
bakkiesrestourasie
balanseerbord
balanseerplank
balletjiespistool
ballonfinansiering
ballonpaaiement
bambi=
band
bang
bank
bankapp
bankie
banktoepassing
bant
banting
barakat
barnsteen
barometer
batja
battery
bavarois
BCG-entstof
BDSM
beandering
bederfbedryf
bedonderd
bedonnerd
bedoos
bedrieërverskynsel
bedryfie
beeldetuin
beeldgeletterdheid
beesblaas
begailik