Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
ballonfinansiering s.nw. [geen meervoud] die toestaan van ’n lening wat in klein paaiemente terugbetaal moet word met een of twee groot paaiemente aan die einde van die leningstydperk: › Met ballonfinansiering moet ’n deel van die koopsom eers aan die einde van die terugbetalingstermyn betaal word. Dit beteken vir die grootste deel van dié tyd is jou maandelikse paaiement laer as wat dit sou gewees het as jy ’n gewone lening aangegaan het, maar dan wag die ballon aan die einde daarvan (Letitia Watson, Huisgenoot, 6 Desember 2018).
◌ ENGELS: balloon financing
asimptomaties
asimptomatikus
asknoper
ASMR
aspartaam
aspoester-
asr
Assalamoe aleikoem
asse en maars
asser
asteroseismologie
athaan
ATM
avatar
awê
aweh
babablog
badbom
bakkieprofeet
bakkiesrestourasie
balanseerbord
balanseerplank
balletjiespistool
ballonfinansiering
ballonpaaiement
bambi=
band
bang
bank
bankapp
bankie
banktoepassing
bant
banting
barakat
barnsteen
barometer
batja
battery
bavarois
BCG-entstof
BDSM
beandering
bederfbedryf
bedonderd
bedonnerd
bedoos