Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
banktoepassing s.nw. | banktoepassings | [soms verkort tot banktoep] rekenaartoepassing wat ’n finansiële instelling, soos ’n bank, beskikbaar stel aan sy kliënte, wat via die toepassing, wat op selfone en tabletrekenaars aan die internet gekoppel is, 24 uur per dag direkte toegang tot bankdienste het, soos om rekeningsaldo’s en die jongste transaksies te kan sien, elektroniese deposito’s en betalings te kan doen, geld tussen rekenings te kan oorplaas, en state te kan trek en aflaai: › Die Lotto-operateur ... sê in ’n verklaring die 57-jarige man het die R803 434,20 van 14 April 2021 se trekking in sy sak gesteek nadat hy [sy] banktoepassing gebruik het en self sy nommers gekies het (Netwerk24, 23 April 2021). › Ondanks die bekendstelling van ’n nuwe kontaklose kaart en banktoepassing en verlenging van die besigheidsure in meer as 300 van sy takke op ’n Sondag, lyk dit asof [die bank] weerstand ervaar op sy ongeëwenaarde hoogtepunt van 149 500c per aandeel (Finweek, 6 Februarie 2020).
◌ SINONIEM(E): bankapp
asse en maars
asser
asteroseismologie
athaan
ATM
avatar
awê
aweh
babablog
badbom
bakkieprofeet
bakkiesrestourasie
balanseerbord
balanseerplank
balletjiespistool
ballonfinansiering
ballonpaaiement
bambi=
band
bang
bank
bankapp
bankie
banktoepassing
bant
banting
barakat
barnsteen
barometer
batja
battery
bavarois
BCG-entstof
BDSM
beandering
bederfbedryf
bedonderd
bedonnerd
bedoos
bedrieërverskynsel
bedryfie
beeldetuin
beeldgeletterdheid
beeldstemmer
beeldtemmer
beesblaas
begailik