Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
aseksualiteit s.nw. [geen meervoud] ongevoeligheid vir seksuele prikkels en lae of afwesige belangstelling in seksuele aktiwiteit: › Aseksualiteit kom voor by mense wat min of geen seksuele aantrekking ervaar nie, en uitsluitlik in ’n emosionele konneksie belangstel. Dit word in sekere oorde as ’n seksuele oriëntasie beskou (Annelize Visser, Vrye Weekblad, 6 November 2020). › Dit moet – ook en veral deur die kerk – genoem word dat daar nie net twee seksuele oriëntasies (gay en straight) is nie. Daar moet gepraat word oor aseksualiteit, die oënskynlik groeiende kategorie op die spektrum van oriëntasies (Rudi Swanepoel, Netwerk24, 21 Oktober 2016).
◌ ENGELS: asexuality
apiterapie
apokalipswaan
a-pokke
a-pokkevirus
apparatsjik
AR
Arabies
Arabiese Lente
ARB
Archaea
archaeon
ARDS
arganboom
arganolie
argileh
argitektuur
arkaan
arm
ARNS
artikel 21
artikel 21-maatskappy
asado
ASAT
aseksualiteit
aseksueel
asimptomaties
asimptomatikus
asknoper
ASMR
aspartaam
aspoester-
asr
Assalamoe aleikoem
asse en maars
asser
asteroseismologie
athaan
ATM
avatar
awê
aweh
babablog
badbom
bakkieprofeet
bakkiesrestourasie
balanseerbord
balanseerplank