Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
begeleidingsnit s.nw. | begeleidingsnitte | musiekopname wat ’n solokunstenaar of sanggroep as begeleiding gebruik in die plek van ’n lewende orkes: › Die begeleidingsnit mag nie twee minute oorskry nie (Parys Gazette, 9 Oktober 2017). › Om professionele begeleiers aan te stel ... sou by uitstek die aangewese oplossing wees, want voorafopgeneemde begeleidingsnitte kan baie maklik die lewe of “siel” van die musiek verloor (A.J.D. Bester, Verantwoordelike vernuwing in die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika, 2011).
◌ ENGELS: backing track
bant
banting
barakat
barnsteen
barometer
batja
battery
bavarois
BCG-entstof
BDSM
beandering
bederfbedryf
bedonderd
bedonnerd
bedoos
bedrieërverskynsel
bedryfie
beeldetuin
beeldgeletterdheid
beeldstemmer
beeldtemmer
beesblaas
begailik
begeleidingsnit
beginneronderneming
begrafnis
Beiers
beïnvloeder
bek
bekakie
bekendeling
bekfluitjie
bekslag
beleidsontleder
belewingstuin
bende
Benedicteiers
beperking
berekeningsdenke
berg
bersie
besmettingsangs
besmettingsbron
besmettingsgevaar
besmettingshaard
besmettingskrisis
besmettingskurwe